Wednesday 31 October 2007

Trick or Treat


31 Oktober is Halloween. Verlede jaar het die kinders my heeltemal onkant gevang met die klop aan die deur en Trick or Treat. Gelukkig het ek dit al in 'n fliek gesien en geweet wat om te doen. Ja, en gelukkig het ek lekkers in die huis gehad.


Wel, vanaand was dit weer sulke tyd. Ons het terug gekom van die plaas af; net betyds om ons bure se kinders voor die deur te kry met Trick or treat. Die kamera was nie byderhand nie, maar ek het gelukkig van die ander kon afneem. Weereens was ek gelukkig om lekkers en chippies in die huis te hê. Vroeër die week het ek en Daleen daaroor gepraat en ek het gesê ek moet gaan lekkers koop sodat hulle my nie weer onkant betrap nie. Soos Ruben in 'n vorige blog vir julle gesê het : Sy ouma onthou nie so lekker nie. Vandag by Sebil weer daaroor gepraat en weer vergeet daarvan. Ook maar goed ek het kleinkinders wat lekkers moet kry anders weet ek nie so mooi nie. My soettand is getrek en ek mag nie meer so baie lekkers eet nie.







VERJAARDAGWENSE
Daar is baie koek geëet die week by die Snymans in die Kaap.


Baie geluk met jou verjaardag Eugene Snyman, God's rykste seën word jou toegewens.
Alle voorspoed en geluk vir die jare vorentoe.
Ook vir sy dogter, Wilna, baie geluk met jou verjaardag wat ook in die week was. Mag al jou drome waar word.

Ons 4 klein mensies

Ons was vandag weer by Sebil vir "beauty". Het hierdie pragtige foto geneem.


Ruben en sy dinge

Ruben en sy rooi sportmotor. Hy klim nou al self op en moet nog net leer hoe om dan vorentoe te beweeg. Hy sal ook soos Odélia sê, as Suid-Afrika nie so ver was nie, het hy sommer self soontoe gery.


Verlede week het ek my vuilgoeddrom gewas en 'n pak met nuwe sakke ingesit. Dit kon nie hoër of laer nie, Ruben moes in die drom. Dit het nogal oorreeding gekos om hom daar uit te kry, want dit was 'n baie lekker speelding.




Hierdie tyd van die jaar is dit weg met die vuurmaakhout en die mandjies waarin dit gebêre word.


Daleen het hulle mandjie mooi skoongemaak en Ruben kon nie wag nie. Hy en Schrek moes in die mandjie. Dit is voorwaar 'n pragtige foto.



Nog a paar foto's van Sondag

Die kleingoed wil in die water speel en Japie is nogsteeds besig om die glyplank op te blaas. Joanné moes ook kom kyk of sy kans sien vir die koue water.


Ruben het 'n rukkie gevat, maar besluit al is die water hoe koud, hy gaan dit aandurf. (Dit lyk nie of hy koud kry nie.)



Joanné het nader gestaan met die loopring om seker te maak dat haar nefie reg is. Maar self wou sy nie in die water nie.


Japie het vir Ruben die tuinslang gegee en toe was dit baie pret. Hulle het die meisiekinders nat gespuit en van die groot mense het ook 'n bietjie deurgeloop.



Odélia en Annika het hulle stoeltjies nader getrek en met die voetjies in die water gesit. Ruben het besluit dit is lekkerder in die water as om op die stoel te sit met sy voete in die water.




Gelukkig het nie een van hulle siek geword nie.

Ons het nou baie lekker en warm dae. Regte, egte somersdae. Die kinders kan nou met somersklere rondloop en dit geniet om buite te speel.

Monday 29 October 2007

Sondag se kuier by Japie en Yolandi

Sondag het ons almal vir Bes en Joanne gaan kuier by Japie en Yolandi. Dit het so 'n lekker dag uigedraai. Die son het geskyn en die kinders kon tot in water speel. Natuurlik yskoue water uit die tuinslang uit. Die twee dogtertjies, wat gewoond is aan warm water swembaddens, wou nie regtig in die koue water probeer sit of speel nie. Ruben, wat nog nie van swemlesse in warmwater weet nie, het gou-gou maats gemaak met die koue water en heerlik baljaar. Die twee meisiekinders, Odélia en Annika en lekker met die tuinslang gespeel en almal probeer nat spuit.
Ons dae word nou warmer en die son skyn ook warmer. Hopenlik is dit die draai van die seisoen en is die somer hier.
Die twee oupas, Bes en Pieter. Sit so ewe hoog en droog vir die kamera en smile.


Ouma Jo, Ouma Annatjie met Joanné en Johan.


Yolandi het die skapies bietjie melk gegee. Ruben kon eers nie besluit of hy die tiet self moes drink of vir die skapie gee nie. Uiteindelik het hy maar besluit die rooi tiet is nie syne nie en dat die skapie maar die melk kon drink.


Oupa Pieter, Joanné en Odélia.


Ruben en Joanné (met die hulp van Oupa) geniet die "see-saw" baie.


Joanné met Ruben se sonbril op. Wat 'n oulike prentjie!!!!


Met die sonblok op sy hare, moes hy weer 'n nuwe haarstyl kry. Kyk die middel van die kop waar die hare opstaan. Ek is seker dit was weer Zibs gewees wat dit gedoen het.


Odélia met haar nuwe swemklere. Dit was vir haar en Annika nie maklik om in die koue water te baljaar nie, want hulle is gewoond om in warm water swemlesse te kry.

Annika met haar swemklere.

Sunday 28 October 2007

Ruben geniet McDonalds se speelpark

Uit die arms en weg is ek


Maak reg, hier kom ek



Reg om te gly



Een, twee, drie ....



Jippie, jippie, jay!!!
Klaar gegly,
baie selfvoldaan en trots
reg vir nog 'n gly.

Lehandri Jacobs verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag Lehandri. Mag al jou droompies waar word. Hoop Pappa, Mamma, Sussie en Boeties bederf jou baie. Geniet die dag.

Welkom Bes en Joanne

Welkom hier in NZ julle twee. Baie sterkte met julle toekoms hier.
Ons is bly om nog familie hier by ons te hê.

Thursday 25 October 2007

Nog Suid-Afrikaners kom na New Zealand

Groot opgewondenheid heers by Japie en Yolandi en hulle huisgesin. Yolandi se pa, Bes en Joanne land vanaand om 11h30 op Auckland Lughawe. Ja, hulle kom om te bly. Ons sal foto's van hulle koms plaas sodra dit beskikbaar is. Ons wens hulle alle voorspoed toe met die groot besluit wat hulle geneem het. Mag al hulle drome in New Zealand waar word.

Die drie sussies



Odélia gaan môre vir 'n ondersoek na die ortopeut, dr. Nicol. Hulle het x-strale geneem om saam te vat. Ons weet nog nie of hulle 'n MRI scan ook gaan doen nie. Ons hoop dat dit net goeie nuus gaan wees wat ons môre gaan kry.

Annika het die doeke weggegooi en word nou 'n groot meisiekind. Praat ook nou land en sand aanmekaar.




Joanné sit nou alleen en word by die dag groter.


Gelukwense aan Japie Labuschagne wat vandag verjaar. Mag strome vol seëninge jou deel wees vir die volgende jaar. Geniet jou dag.

Tuesday 23 October 2007

Baie geluk

Baie geluk aan Andries Jacobs en Conrad Jordaan met die herdenking van hulle geboorte dae. Hoop julle word lekker bederf en geniet die dag. Vrede, vreugde en voorspoed vir julle in die jaar wat voorlê.

Monday 22 October 2007

Verjaarsdae

Baie geluk aan Kobus van Wyk en oom Nic Bredenhann met hulle verjaarsdae. Gods rykste seën word julle toegebid. Mag die jaar wat voorlê net vreugde, vrede en geluk inhou. Geniet die dag.

Sunday 21 October 2007

BOKS vs THE WORLD

Ons het Sondag - oggend die rugby by Japie en Yolandi gekyk.
Johan en Annika


Die Springbok koors het hoog geloop. Tot Joanné het 'n Springbok hoedjie op gehad.




Almal sit aandagtig na die wedstryd en kyk.




Odélia, Yolandi en Annika.



Nursie Odélia Nortjé se hulp is ingeroep om na die spanning van die game Oupa Pieter te kom help. Hier voel sy sy pols.



Die Springbokke se wen van die wêreldbekker het sonskyn in New Zealand gebring. Nou word dit goed benut.

Daleen, Ruben en Annika




Annika, Oupa Pieter en Odélia



Annika, Odélia, Oupa Pieter en Ruben





Daleen en Ruben




Odélia en Oupa Pieter



Marinda Bezuidenhout verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag Marinda. Ons hoop daar sal nog baie geseënde jare vir jou en jou gesin wees. Hoop jy gaan jou dag baie geniet.

Saturday 20 October 2007

Nolette Coetzee verjaar

Baie geluk met jou 9de verjaarsdag vandag Nolette. Ons hoop dit gaan 'n wonderlike jaar vir jou. Geniet jou dag.

Thursday 18 October 2007

MJ Olivier verjaar

MJ Olivier verjaar vandag. Baie geluk, ou grootman. Geniet jou dag. Ek hoop Pappa en Mamma bederf jou sommer baie.

Wednesday 17 October 2007

Japie, Yolandi en gesin

Verlede week het Japie, Yolandi en die dogters weggebreek om 'n bietjie te gaan vakansie hou.


Die huis waarin hulle gebly het.




Odélia op die strand.




Odélia en Annika op die strand.



Japie met Annika. Wil my voorkom asof sy hier al baie moeg was.




Annika in haar karstoeltjie, vas aan die slaap. Die speel op die strand het haar baie moeg gemaak.




Hulle het ook Tenpin Bowling gaan speel. Odélia en Annika reg om die balle te vat.




Die Scoreboard.





Verjaarsdae

'n Paar verjaarsdae vandag.
Baie geluk aan Lisa van Wyk wat vandag verjaar. Hoop jy geniet jou dag en word baie bederf. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag jy nog lank gespaar bly vir jou man en dogters.
Baie geluk ook aan Christo Geldenhuys van die plaas De Pan en aan Stoffel Snyman van Randfontein met hulle verjaarsdae. Baie vreugde, voorspoed en geluk word julle toegebid.

Tuesday 16 October 2007

Ek en Diela scrap.

Ek het een van my slaapkamers in 'n scrapbook kamer omskep. Die kantoor kamer waar dit eers was, was te klein. As ons wou scrap, moes alles eetkamertafel toe gevat word. Dit het jou langer gevat om alles uit en op te pak as wat jy kon scrap. Ek het 'n tafel gekoop vir die kamer en wag vir die ander een wat moet kom, sodat as ons almal wil scrap daar genoeg plek is.


Odélia het so twee weke gelede hier by ons gekuier. Sy wil ook vreeslik graag scrap. Sy het ook baie kreatiwiteit in haar. Kan pragtige prentjies teken en luister mooi as jy verduidelik hoe die goed gedoen moet word. Nou ja, die Donderdagaand was dit sulke tyd. Sy en Ouma moes scrap. Ek het 'n foto van haar en haar twee sussies gevat en een vir haar gegee. Haar baie mooi gewys wat sy moes doen en sy moes my volg in alles wat ek dan doen. Natuurlik net tot op 'n sekere punt. Die versiering van die foto was haar eie idees wat na vore gekom het.
Kyk net die konsentrasie waarmee sy werk om die "sticky tape" af te trek.




Ouma het natuurlik 'n plakkertjie of twee op die wang gekry en mag dit nie afgetrek het om die foto te neem nie.


Baie trots op haar eindproduk. Ek gaan nou een van die foto's bêre en dit so oor 'n paar maande weer vir haar gee sodat ons die verskil kan sien van nou tot dan.




Kyk Odélia se nuwe haarstyl!!!!