Friday 29 August 2008

Sebil word geopereer

Na weke van onsekerheid het ons nou uiteindelik 'n antwoord op waar, deur wie en wanneer ek geopereer gaan word.
My hartsesialis in New Zealand Dr. Chris Nunn, het aanbeveel dat ek 'n "defibrillator" moet kry.
Dit is 'n apparaat wat indien my hart te stadig of te vinnig klop, my sal skok om die hartklop na normaal terug te bring.
Oorspronklik was ons planne om met die mediese polis wat nog staande is, die operasie in Suid Afrika te doen. Met 'n groot skok op nommer 99 vind ons toe uit dat my hart probleem uitgesluit is op die polis.
Dit het veroorsaak dat ons die besluit geneem het om die operasie hier in New Zealand te doen.
Die datum waarop die operasie gedoen gaan word is 22ste September.
Ons sal julle ophoogte hou met wat aangaan.

1 comment:

Sandmensie said...

sjoe Sebil jong BAIE BAIE STERKTE!!
Hou ons asseblief op hoogte!Vertel bietjie meer oor die operasie,hoe lank jy gaan in wees?