Tuesday 12 August 2008

Nortje Pasiente

In 'n vorige berig het ek genoem dat Pieter afsiek geboek is. Wel, die ligamente in die linkerknie het nog nie herstel nie. Die dokters sê dat dit ses weke sal neem. Met ander woorde hy het hom nog 'n verdere week afgeboek. Natuurlik dood verveeld by die huis. Hy het gister alweer begin stofsuig en huis aan die kant maak, terwyl ek die kalfies melkgee.
Op die onderste twee fotos kan julle sien hoe sy regterknie lyk. Twee pitsere.(Volgens ons) Die dokters hier weet nie wat dit is nie. Behandeling word gegee en elke dag moet hy gaan sodat die pleisters en salf vervang kan word.


Dit lyk nogal seer, né?



Natuurlik het ek ook deurgeloop in die stal. Ons het soos ek reeds vertel het, verlede Woensdag in die nuwe stal begin melk. Dit gaan nou so goed, dat hulle net die drie manne in die stal is.
Moet julle vertel wat alles met my gebeur het. Die eerste middag het die koei my geskop. Soos op die foto gesien kan word, lyk dit nou al baie beter. Nogals seer gewees.
Die volgende oggend het ek onder die mis deurgeloop. Ek is gewaarsku met : Ma moet daai ass dophou. Maar nou ja, opkyk terwyl ek besig is om die koeie se cups op te sit, doen ek toe mos nou nie. So 'n lekker warm gevoel bo op my kop en loop dit so oor die linker oog af. Ek moes in yskoue water in die toilet my hare en gesig gaan was het.
Die volgende middag is ek op cups off. Eers maak 'n koei die krane oop en dit is net water oor die regterkant van my gesig. Weer moes ek gaan was. Nie baie later nie, mis een my regter arm toe en 'n rukkie later is dit die linkerarm se beurt. Wel, na Saterdagoggend was ek nog nie weer in die stal nie, so ek weet nie wat volgende gaan gebeur nie.
Gelukkig op daardie stadium was daar ook geen kameras in die stal nie, so ek het geen foto's om van die gebeure te plaas nie.

No comments: