Wednesday 6 August 2008

Salon dag

Vandag het Yolandi en Daleen gekom vir wax. My ma het nie vandag saam gekom nie. Sy was nog besig met die kalfies en het die middag gehelp melk by die nuwe stal.


Diela en Annika het ook nie saam gekom nie, want hulle het nou hier in Tokoroa begin na die Kindy toe gaan. Hulle gaan Maandae en Woensdae. So nou mis ek hulle op die salon dae.


Nané en Ruben kom kuier darem nog saam by my. Hulle tweetjies het baie lekker gespeel. Nané het die heeltyd haar groen hare op haar kop gehad. Sy is baie erg vir die "groen boskaas".


Ruben is nou besig om te pottie train. Hy kom mooi reg. Daleen sê oppad na my toe, het hulle langs die pad gestop en hy het die grassies nat gepiepie.





No comments: