Wednesday 27 August 2008

Joanné se uitstappie....

Joanné wou verlede week net nie van haar hoesie ontslae raak nie. Selfs die antibiotika kon haar nie regsien nie. Toe ek haar Maandag weer dokter toe vat, het hy besluit sy moet deur die pediater gesien word in Rotorua. Ek ry toe maar Rotorua toe en daar besluit die pediater toe sy moet in die hospitaal oornag vir observasie. Ai tog. Ouma Annatjie het toe die ander twee by Carol gaan haal waar hulle by Mialee gespeel het, en hulle het die aand by Ruben gaan slaap.



Joanné het ewe soet op die bed in die ongevalle saal gelê.




Die suster het vir haar 'n storie kom aansit op die TV.




Hulle moes bloed trek vir toetse en los toe sommer die drip in vir ingeval. Dit was bietjie eina, en sy het so hartseer gehuil dat sy na die episode toe sommer aan die slaap geraak het.




So deur die slaap het sy sommer die koors uitgesweet.




Na haar middag slapie het hulle ons na die kindersaal toe gevat, en daar het sy lekker rond gespeel. Daar het hulle vir haar hospitaal pajamas gegee, want omdat dit so onverwagse oorslapery was, het ons nie 'n tassie gepak gehad nie.




Sy was nie vreeslik opgetrek met haar aandete nie, en het besluit sy drink maar net haar melk.



Ons is die gisteroggend weer ontslaan en sy was bly om weer by die huis te wees. En die uitslag, dokter Johan Nel sê dit was maar net in die beginstadium van longontsteking, en dat die nuwe antibiotika haar sommer gou sal regruk. Sy het nog glad nie weer koors gehad nie, en lyk sommer baie beter.


No comments: