Wednesday 6 August 2008

Eerste melking op plaas 14

Dit was vandag "D" day op farm 14. Dit is die plaas waar Pieter 2IC is. Hier is 'n 54 rotory (draaitafel) stal. Ons het vandag vir die eerste keer koeie gemelk in die stal.

Dit het sommer al baie beter gegaan as die dag toe ons hulle genommer het. Van die koeie het self ingegaan maar ander moes nog gehelp word. Met ander woorde hulle moes gestoot en gedruk word totdat hulle op die melkplatform was. Ons het vanmiddag so om en by 300 koeie gemelk (en geleer om op die draaitafel te klim)

Dan is dit cups on. Saam met my op die foto is Kathleen. Ons maak die kalfies groot en ons het vanmiddag die manne gehelp.





Die koeie op die draaitafel.




Ja, julle sien reg. Dit is 'n Springbokvlag wat in die agtergrond wapper.

Hierdie is die aankeerkraal wat na die stal gaan.





Japie en sy medewerkers, Kevin en Logan. Die ander gesiggie op die foto is dié van die Indonisiërtjie wat hier saam met ons werk.



Dankie, Daleen vir die fotos wat jy geneem het.
Ek het van die kalfies melkgee gepraat. Sodra die geleentheid hom voordoen, sal ons daarvan fotos neem en opsit.
Pieter het ligamente van sy linkerknie beseer. Hy wou 'n koei help om op te staan en toe val sy op sy been. Om alles te kroon het hy - dit lyk vir ons soos pitsere - op sy regter knie gekry. Hy is afgeboek tot volgende week en Maandag. So, hy kon nie die melkery meemaak nie. Baie jaloers en baie vies omdat hy nie daar kon wees nie. Die dr. hier het monsters van die sere op sy knie geneem en ons hoop om môre te hoor wat die oorsaak van die sere is.



No comments: