Friday 18 September 2009

Verjaarsdae

Vandag is dit Yolandi se verjaarsdag. Baie geluk, Yolandi. Mag dit vir jou 'n baie mooi nuwe lewensjaar wees, vol van alles wat mooi is. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag jy nog lank vir jou man en kinders en ons almal gespaar bly. Ek hoop dat daar darem so 'n klein bietjie bederf iewers in die dag gaan wees. Geniet die uitstappie Hamilton toe vir die rugby vanaand. Ons is baie lief vir jou. Geniet 'n baie spesiale dag.




Vandag is ook Lizelle se verjaarsdag. Baie geluk Lizelle. Mag dit 'n baie mooi dag vol vreugde en voorspoed wees. 'n Nuwe lewensjaar vol seëninge word jou toegewens. Geniet 'n baie spesiale dag.




'n Skool vriendin van Sebil, Bea Nel, verjaar ook vandag. Baie geluk, Bea. Geniet die dag en 'n baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.


No comments: