Monday 7 September 2009

Vadersdag

Sondag was Vadersdag hier in NZ. Die drie meisiekinders wou vir pappa Japie verras. Hulle het sy geskenk onder 'n kombers weggesteek terwyl hy gestort het.

Odélia het verlede Saterdag by ouma gekuier. Daar het sy 'n vadersdag kaartjie vir pappa gemaak. Sy het binne in die kaartjie 'n storie geskryf. Alles self gedoen en uitgedink. Net nou en dan vir ouma gevra hoe spel mens dit of dat.

Nadat pappa sy geskenk oopgemaak het, het hy nog 'n verrassing buite gekry.

Die drie het self die tafeltjie gedek en ek het gehelp met ontbyt.

Gelukkige vadersdag pappa Japie, en 'n baie gelukkige vadersdag aan al die ander pappas wat ons ken. Ons hoop julle is ook so lekker bederf!

1 comment:

Sandmensie said...

Ag SWEET!!! Yolandi die girls weet darem van die man in hul lewens bederf ne! Gelukkige Vadersdag Japie, enjoy jou girls..koning van jou kasteel!!!