Thursday 24 September 2009

Hamilton uitstappie

Dinsdag, 15 September, het Yolandi hulle bussie in Hamilton laat diens. Dit was toe sommer weer 'n geleentheid vir ons vrouens om saam te kuier. Met Odélia in die skool, was dit net Annika, Ruben en Joanné wat by ons was. Odélia is by die busstop afgelaai en toe het hulle vir my en Sebil in Tokoroa opgelaai. Dit is ongeveer 'n uur en 'n half se ry na Hamilton en ons het eers ongeveer vyfuur die middag weer in Tokoroa aangekom. Winkel vir winkel is deurgeloop opsoek na verjaardag geskenk vir Ruben en klere vir die meisiekinder en Ruben. So tussendeur het ons 'n heerlike ontbyt geëet en later die middag het ons weer koek en koffie gehad.


'n Paar fotos wat ons dié dag geneem het.








Die huisie het ons in een van die winkels raakgeloop. Dit is presies die huisie wat Yolandi vir die drie dogtertjies wil maak. Om 'n foto van die huisie te kry het ons maar vir Ruben en Annika daarby afgeneem.


No comments: