Saturday 12 September 2009

Ouma Issie verjaar vandag. Baie geluk, Ouma. Ons bid Ouma Gods rykste seën toe op Ouma se 85ste verjaarsdag. Dit is dae soos hierdie wat ons wens dat ons daar was om dit met Ouma te kon deel. Mag dit 'n wonderlike dag wees en ons hoop dat Ouma sommer baie bederf gaan word. Geniet elke oomblik van die dag. Mag die nuwe lewensjaar ook vol van al die mooi dinge in die lewe wees : liefde, goeie gesondheid, vreugde, vrede en geluk. Ons is baie lief vir Ouma.
Ons hoop die Springbokke gee vir Ouma ook 'n groot geskenk.
Van ons almal hier in Nieu Seeland.




Saam met Ouma Issie verjaar haar naamgenoot kleindogter ook vandag. Baie geluk, Isabel. Ook vir jou wens ons 'n baie mooi nuwe lewensjaar toe. Mag al jou drome waar word. Geniet 'n baie spesiale dag. Hoop jy word baie bederf.


No comments: