Thursday 10 September 2009

Treintjie

Vanoggend het Johan en Sebil die groter kalfies in die weikampe gaan melk gee. Toe hulle terugkom het hulle gevra ek moet 'n foto van die trein neem.

Aan die voorpunt is Sukkel Wikkel, dan twee palmkernel trailers en heel agter is die caf-e-teria waarmee die kalfies melk gegee word. 'n Hele gedoente om alles uit die weikamp te kry en by die stal waar hulle dan weer die trailers vol palmkernel maak.

No comments: