Tuesday 22 September 2009

Kalfseisoen


Met kalfseisoen aan sy einde, nog vir oulaas 'n paar fotos en 'n video van ons kalfies.


Ons het vanoggend gehoor dat ons nie meer bobbykalfies gaan hê nie. Met ander woorde ons is klaar met kalf grootmaak. Daar is nog 'n paar koeie oor om te kalf, maar die tye tussen die oplaai van die bobbykalfies is nou te lank en moet ons hulle te lank melk gee. Hierdie melk kan ons eerder gebruik om vir ons replacement verskalfies te gee.



Die fotos is geneem toe Johan en Sebil die kalfies Saterdagoggend melk gegee het.


Sebil het vir Sukkel Wikkel bestuur, terwyl Johan die hekke moes beman.




Die kalfies soos hulle aan die caf-e-teria drink.





Johan en Sebil by die kalfies.




Hierdie video het ek geneem toe hulle oor die pad moes gaan. Sebil was aan die wiel van Sukkel Wikkel en ek en Johan het in die pad gestaan en keer dat hulle nie met die pad afhardloop nie.


Op 'n kol gedurende kalfseisoen wou ou Sukkel Wikkel nie meer wieggel waggel nie en moes ons 'n plan maak. Pieter het die tweede handse bakkie gekoop. Dadelik is die bakkie ook gedoop : Bullie die blou bul.

Die rooi merke teen die kant van die houer dui daarop dat die melk nie vir die gebruik van die Bobby kalfies is nie, want daar is penisillen melk in. Die Bobby kalfies mag gladnie antibiotika van enige aard in hulle liggaampies hê nie. Indien hulle dit daar opspoor, word jy beboet - en nie sommer net kleingeld nie. Hulle wil baie hê. Gelukkig is ons die kalfseisoen deur en het ons nie 'n probleem gehad nie.

No comments: