Wednesday 30 September 2009

Ons 34ste huweliksherdenking



Verlede Sondag, 20 September, was dit my en Pieter se 34ste huweliksherdenking. Hy was die Sondag en Maandag af en ons het Sondagmiddag vroeg na Rotorua gegaan. Ons het nie werklik iets beplan vir die dag nie en ons het maar ge - go with the flow.

Rotorua het ook 'n meer. Vanaf die meer kan jy met helikopter of ligte vliegtuig 'n rit bespreek om oor die dorp of die onaktiewe vulkaniese berge of die aktiewe vulkaniese eiland te gaan. Ons het vir die eerste keer maar die veilige een gekies en oor die dorp gevlieg.


Pieter, ek en die vlieënier van die helikopter.




Die instrumente paneel van die helikopter.




Rotorua uit die lug.





Natuurlik, getrou aan sy aard, moes Pieter die blomme in Rotorua afneem. Pragtige tulpe blom die hele dorp vol.




Laat middag, 5 uur, is ons eers kerk toe en toe hotel toe. Die kinders het ons in die hotel ingeboek vir die aand. Lekker aandete gehad en die volgende oggend na ontbyt het ons weer vertrek.


Hier ontspan Pieter in die "Spa" bad. (Ek noem dit sommer doodgewoon 'n borrelbad.)



Dankie vir die kinders. Ons het die aand baie geniet.

No comments: