Sunday 25 May 2008

Inpakkery

Ja, die groot inpakkery is aan die gang. Bes en Joanne het vir ons hulle bokse en papier gegee om te gebruik. Pak en Save (die kruideniers winkel) pak nie jou kruideniers in sakkies nie. Jy moet jou eie sakkies bring of jy kan die bokse gebruik waaruit hulle hulle voorraad pak. Ons het 'n redelike hoeveelheid van hierdie bokse ook bymekaar gemaak. Ek is so te sê klaar gepak. Dit is nog net ons gebruiks goedere en klere. Omdat ons huis nog nie verkoop is nie en as ons nie huurders kry nie, gaan ons meubels in die huis los sodat ons dit oor naweke en in die week, wanneer iemand in Taupo is en die huis nodig het, kan gebruik.






Sebil en Johan het die naweek kom kuier en ons het Saterdag al die skilderye en laaste foto's en goed teen die mure afgehaal. Hier is Sebil druk besig om dit met bubblewrap toe te maak.



So tussen deur moet Tinky ook gelukkig gehou word. Hier kom sy en Johan van buite af in, nadat hy haar haar besigheid buite laat doen het.



Die hele huis staan nou vol bokse. Gelukkig het hulle nie vandag 'n open home gehad nie. Die huis is ook by die agente in tot Vrydag toe. Dit gee ons darem nou tyd om hierdie week (hopenlik) te kan trek. Dit wil sê as ons die huis en die man wat die container vir ons moet bring, kan sinkroniseer. Pieter het nog Dinsdag 'n motorfiets praktiese klas en Woensdag het ons ons ITO klas. Dus daardie twee dae is uit. Vrydag kry Johan die trok om hulle meubels te vervoer en dan gaan ek en Pieter daar help. So, wanneer ons gaan trek, lyk vir my net na laat Woensdagmiddag en Donderdag.
Sal julle op hoogte hou van die groot uittog hier in New Zealand.

No comments: