Tuesday 6 May 2008

Dankie en nog dankie!

Vandag is die eerste dag dat ek kans sien om voor die rekenaar te kom sit. Ek moes eers opstaan om die boks tissues te gaan haal, want ek voel vandag "of my krane se wassertjies op is" en die trane drup, drup al heel more.

Ek wil graag 'n groot dankie sê vir almal wat my in hulle gebede gehad het die afgelope week. Die beterskapwense en die wete dat soveel mense omgee, is die beste medisyne wat bestaan.

'n Reuse dankie vir Pa Pieter en Ma Annatjie, Bes en Jo-anne, Hekkie, Daleen en Ruben, en Johan en Sebil wat my woelwaters in huis geneem het. Dankie dankie en dankie!

Die grootste dankie is vir Japie. Jy is absoluut my rots. Wanneer 'n mens so iets beleef soos die terugslag wat ek gehad het, gaan daar maar baie donker dinge deur 'n mens se gedagtes. Dankie dat jy so sterk is vir my.

Dit is so stil in my huis. Ek is so bly my meisiekinders kom vandag en more terug. Dankie vir julle omdat julle so soet was terwyl mamma sleg gevoel het. Julle is my pride en joy!

Ek is lief vir julle almal.

No comments: