Tuesday 13 May 2008

Huis op die plaas

Die huis waarin Pieter en ek op die plaas gaan bly, vorder maar stadig. Ons het gedink teen hierdie tyd is ons al op die plaas. Nou wonder ek of ons die einde van die maand op die plaas gaan wees.



Alles is in die sitkamergedeelte gepak, sodat hulle die garages kan verf.



Die kombuis uit 'n ander hoek gesien. Die meeste van die kaste is al daar en vasgesit waar hulle moet kom.



Die badkamer. Hier is die stort darem al ingesit. Ja, en Annika is nogsteeds bekommerd, want die bad is nog vuil. Waar sal hulle dan nou bad???


Wel, ons wag nou in spanning. Ek moet begin pak, maar kom ook nie sover nie. Het darem al die somersklere gepak en so twee of drie bokse. Ek moet uitsorteer. Dit wat ek nie die afgelope twee jaar gebruik het nie, sal ek nie sommer in die jare vorentoe gebruik nie. Miskien is die idee van 'n garageverkoping nie 'n slegte idee nie.

No comments: