Saturday 13 March 2010

Verjaarsdae

Baie geluk met Ouma Hettie se verjaarsdag. Vandag al 86 jaar oud. Mag die jaar wat voorlê 'n baie geseënde jaar wees, besaai met alles wat mooi is, goeie gesondheid, liefde, geluk, vreugde en vrede. Gods rykste seën word Ouma toegebid. Geniet die familienaweek. Wens ons was daar om dit saam te kon geniet. Wees verseker dat ons in ons gedagtes vandag by Ouma is. Dit is sulke dae wat vir ons baie hartseer is, want ons sou graag daar wou wees.

Baie liefde van ons almal hier in die verte.



Géor Hoffman verjaar ook vandag. Baie geluk, Grootman. Ook vir jou wens ons 'n baie spesiale verjaarsdag toe. Mag jy elke oomblik van die dag geniet. Hoop jy word baie bederf vandag.
Wietie Brits verjaar ook vandag. Baie geluk, Wietie. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.

No comments: