Thursday 7 January 2010

Ruben en Oupa


Ruben en Oupa het met die klein helikoptertjie gevlieg. Hoog, hoog op in die lug en oor die huis se dak. Een keer het die helikoptertjie op die dak geland. Oupa kon hom nie gaan afhaal nie - die leer was te kort. Ruben, glad nie bang nie, is op die dak getel en het die koptertjie gaan afhaal. Wat die twee nie nog sal aanvang nie!!!!!



Die afgelope naweek vanaf Oujaarsdag af, het Hekkie vir ons op die plaas kom help. Hulle het vanaf verlede Donderdag tot gister (Woensdag) gekuier. Ruben wou glad nie saam met - wie ookal die gras by hulle huis gesny het - op die grassny trekkertjie ry nie. Oupa Pieter het ons gras gesny en hy was vinnig by om saam met Oupa op die trekkertjie te ry. Partykeer lyk dit vir my Oupa Pieter kry nogal baie met hom reg. Hy het ook verlede seisoen toe ons op Pouakani gewerk het, baie saam met Oupa op die trekker gery. Nou kry hy nie meer die geleentheid om trekker te ry nie. Dit was ook weer vir hom lekker om saam met Oupa in die groot trekker te ry en kalk te strooi op die paddocks. Ek is seker hy het die kuier baie geniet.


Ruben sing vir ons.





No comments: