Friday 8 January 2010

Hello almal

Ek het darem 'n kansie gekry om gou 'n paar foto's op te sit. Dit gaan goed hier. Skoonpa het maar op en af dae. Hy het Dinsdag huis toe gekom. Is nog swak, Johan moet hom help om op te staan. Ek glo elke dag sal nou beter gaan.

Baie dankie vir almal wat ons gedink het. Ons waardeer dit baie.


Net om vir julle almal te wys, Johan is lekker besig hier.


Ons het gister gou vir ouma Hettie en ouma Issie op die plot gaan hello se. Hulle lyk baie goed. Ons het lekker saam met oom Frans en tannie Rens ook gekuier. Ouma Hettie en ouma Issie stuur baie liefde en groete vir julle daar in New Zealand.




Ek sal probeer om kort - kort 'n bietjie foto's op te sit. Het nog nie veel geneem nie.
Liefde en groete vir julle almal daar.

No comments: