Saturday 9 January 2010

Nico kuier

Nico het Woensdag vanaf Wellington na Rotorua gevlieg om vir 'n paar dae by ons te kom kuier voordat hy teruggaan Suid-Afrika toe. Ek het my kamera by die huis vergeet en met Johan se selfoon fotos geneem toe hy geland het. Nou sukkel ek om die fotos ge-epos te kry na my rekenaar toe. Ek het maar besluit om die stryd gewonne te gee en plaas hierdie foto van hom om te wys dat hy regtig hier is. Ons het sy kuier baie geniet. Hy sal nou baie kan vertel wanneer hy by die huis is oor wat hy hier gesien en beleef het. Hy vlieg vandag alweer terug Wellington toe en môre Suid-Afrika toe. Baie dankie vir die kuier, Nico. Ons waardeer dat jy hier was en ons het die kuier baie geniet.
Aan al julle ander Suid-Afrikaners, mag Nico julle almal lus maak om vir ons te kom kuier.
Nico en Chanel
.

No comments: