Tuesday 19 January 2010

Die operasies - 3 vir die prys van 1

Soos ek reeds berig het, Odélia, Annika en Joanné is Maandag ge-opereer. Diela se mangels en adenoids is uitgehaal, so ook Annika s'n en Ninnie se adenoids is uitgehaal en sy het gromets gekry. Dit was gladnie 'n lekker dag vir dié drie nie. Vroeg uit die vere en Hamilton toe.

By die hospitaal aangekom moes die gewone dinge gebeur. Eers het die dokter hulle gesien.




Daarna is hulle weer in 'n kantoortjie in om geweeg te word, armbande aan te kry en al hul gegewens op hul leêrs is nagegaan. Hier het 'n verpleegster ook vir hulle 'n draagbare DVD speler gebring waarop hulle na DVD's kon kyk. 'n Baie groot hit.

Hulle het twee stoele gedeel en lekker DVD gekyk.




Nog geen bed nie. Ons moes in die wagkamer wag totdat dit tyd was vir die eerste een om teater toe te gaan. Toe is ons almal na die teater vir nog 'n lang wag.





Die huisgesin in die teater se wagkamer.






Eerste was dit Joanné se beurt. Tata, Pappa, Ouma, Annika en Odélia. Sien julle later en weg is sy saam met Mamma. Hier word hulle ook toegelaat om hul gunsteling slaapspeelding saam te vat teater toe. Hulle het ook elkeen 'n naamband om die nek gekry om te sê wie se speelding dit is en ook die naam van die speelding opgesit. Sprinkle is saam met Ninnie teater toe. Yolandi vertel dat sy nie gehuil het toe hulle die masker op haar gesiggie gesit het nie, maar lank gevat het voordat sy aan die slaap geraak het.






Tweede was dit Annika se beurt. Gelukkig weet hulle nie regtig vir hulle wag nie. Vriendelik en vol glimlaggies het sy ook gewaai en gesê: Sien julle later. Weg is sy en Mamma. Woefels is saam met Annika teater toe. Ook Annika het redelik lank gevat voordat sy aan die slaap geraak het. In Afrikaans en Engels tot by 10 getel en nog 'n liedjie ook gesing voordat sy geslaap het.






Intussen is Ninnie uit die teater in recovery en is ek en Japie na haar toe. Die plan was om Ouma daar te los sodat hy by Yolandi en Odélia kon bly en dan later na Annika toe kon gaan in recovery. Sien, haar Pa is haar hero. So hy was defnitief die een wat aan haar sy moes wees.
Laaste is Diela toe in. Ook 'n baie vriendelike groet na Pappa se kant toe en all smiles is hulle ook daar weg. Natuurlik is Bella saam met Diela teater toe.





Voordat Diela teater toe is, is ek en Joanné verby na die saal toe. Annika het uitgekom en Japie is na haar toe in recovery. Hulle was so 20 minute later in die saal. Yolandi het by Diela gebly en hulle het ook ongeveer 30 minute later in die saal aangekom. Gelukkig was die drie in een kamer en kon ons almal by almal kuier.





Ouma het vir hulle elkeen 'n ballon gekoop.
Ninnie met Winnie Pooh.




Anka met Minnie Muis.
Die ou gesiggie vertel dat sy gladnie lekker voel nie. Kyk die trane op die wange.




Ook hierdie gesiggie wys dat sy gladnie lekker voel nie. Maar kyk darem vir 'n foto. Odélia en haar Butterfly ballon.




Ninnie was sommer gou op en aan die gang. Sy het net gekla oor die naald in die hand, maar ook gou daarvan vergeet.


Annika speel met Odélia se Ntendo game. Nog maar dik van die eina.






Odélia, slaapkous wat sy is (sy kan lekker laat slaap ook) gebruik die kans om lekker te kan slaap.






Ons dank ons Hemelse Vader dat hul operasies so goed afgeloop het. Ons is gisteraand toe tot by ons huis, sodat hulle darem 'n entjie nader aan Hamilton was indien dit nodig sou wees om terug te gaan vir een of ander rede. Vanoggend was die wakker word maar baie seer. Die twee oudstes was nog baie eina, maar Ninnie was op en wakker. Ontbyt is ook nie regtig geëet nie. Hulle het medisyne gekry, bietjie gelê en skielik was hulle ander kinders. Op en aan die gang, wil eet en speel en sommer hul ou self. Hulle sê mos : TYD HEEL ALLE WONDE. Dit was regtig nodig om tyd te gee, sodat hulle self regkom en vra om te eet.


No comments: