Thursday 28 January 2010

Groot verrassing

So twee en 'n half weke terug, 12 Januarie, kry Pieter 'n oproep. Met die dat hy nie by die huis was nie, het ek geantwoord. Groot was my verbasing om te hoor dat dit nie Sam Richards was nie, maar sy broer Pieter. Sam is ook op 'n melkplaas in die Suideiland. Pieter en Sharon het in New Zealand kom kuier. Hul kinders is ook albei in New Zealand.
Toe Pieter by die huis kom, het hy dadelik teruggebel. Ons het die aand deurgery Rotorua toe om Pieter, Sharon en Siobhan (Chevon) te ontmoet. Ons het saam by Valentines gaan eet.
Seker nie nodig om te sê dat ons lekker saam gekuier het nie. Die twee neefs het mekaar ongeveer 30 jaar laas gesien. Ons het na 12 eers by die huis gekom en Pieter moes die volgende oggend gemelk het. Maar die kuier was definitief die moeite en min slaap werd.
Baie dankie, Pieter dat jy gebel het. Ons waardeer dit baie.
Op die foto: Annatjie en Pieter Nortje, Pieter, Sharon en Siobhan Richards.



No comments: