Wednesday 12 November 2008

St. Lucia

Die eerste keer toe ek en Pieter hierdie gedeelte pad gery het, het hy my gevra aan watter deel van Suid Afrika dit my laat dink. Intussen het hulle al 'n kilometer of twee se bome afgesaag en kon ek met hierdie foto's nie die werklike prentjie inkry nie. Ons het albei saamgestem dat dit ons aan 'n gedeelte pad (amper die laaste gedeelte) na St. Lucia laat dink. Ek weet nie of die pad daar intussen verander het nie, maar nietemin ek plaas die foto's.

1 comment:

Sandra said...

Die pad Onrus/Hermanus toe lyk net so in die winter met die groen gras en boomplantasies. Dis baie mooi!