Saturday 22 November 2008

Defibrilator Support Group

Saterdagoggend het ons die byeenkoms van die Defibrilator Support Groep in Hamilton bygewoon. Weer 'n baie interressante byeenkoms.
Praatjies is gelewer deur William van St. John's Ambulanse oor 'n apparaat wat jy dra en dan 'n ontvangstoestel wat binne in die huis teen 'n muur gemonteer is, wat 'n sein na St. Johns Ambulanse stuur. Wanneer die boodskap ontvang word, skakel hulle dadelik om te hoor wat fout is. Indien daar geen antwoord is nie, word die ambulans uitgestuur.
Dr. Martin Stiles (die eweknie van dr. Spencer wat Sebil opereer het) het deur middel van fotos op 'n projektor vir ons gewys hoe 'n defibrilator ingesit word.
Sarah van Metronix het laastens vir ons gewys hoe 'n defibrilator gemaak word. Die apparaat word feitlik heeltemal met die hand gemaak.
Hier is die fotos van die defibrilator wat Sebil in het. Ons het die pen langsaan gesit sodat julle kan sien hoe groot die apparaat is. Die draad word dan binne in die hart "ingeplant" en aan die defibrilator gekoppel.

Die meeste van die mense by die byeenkoms, was ouerige mense - mans en vrouens wat defibrilators in het. Tracey, die dame wat die byeenkoms gereël het, skat ek so om en by 32 -33. Sy het ook een in. Dan was Sebil jonger as sy en die jongste was 'n Chinese seun van 16 jaar oud.

Baie interessante gebeure is deur van die mense teenwoordig vertel. Dit is werklik so dat Sebil nou 'n ambulans 24 uur per dag op haar voorstoep het. Ons dank die Here dat hy ons op hierdie pad gelei het en sy die apparaat nou in het.

No comments: