Saturday 8 November 2008

Land van bome

New Zealand is nie net die land van die silwer varing en All Blacks nie. Bome, bome en nogmaals bome word hier geplant, afgesny en verwerk.
Soos ons in ander gedeeltes vertel het, word die meeste van New Zealand se huise van hout gebou. Seker ook die goedkoopste manier van huisbou.
Ek gaan probeer om deur middel van fotos die verhaal van 'n boom te vertel.
Die boompies is geplant toe ons 2 jaar en 4 maande gelede hier in New Zealand aangekom het.

Hierdie foto is van bome geneem wat bietjie ouer is.

Hierdie volgroeide bome word dan afgesaag, verwerk en op trokke gelaai.


Verlede jaar is die plaas waarop ons nou werk ontbos en kon Pieter gelukkig van naby hierdie fotos neem.
Op die voorgrond is 'n werker besig om die stompe op te saag.


So lyk dit dan wanneer die boomstompe weggery is en net die los takke, boombas en ander stompe wat nie gebruik kan word nie, oorbly.


Nog masjienerie word gebruik om die grond gelyk te maak en die oorblyfsels opmekaar te stoot.


Hierdie masjien pak die stompe mooi bymekaar en laai dan ook die stompe op die trokke om vervoer te word.

Die boomstompe word alles per pad vervoer na die meules en kragstasies.


Wanneer 'n trok die stompe klaar afgelaai het, word sy sleepwa bo op die trok gelaai en dan so terug gery na die plantasie, waar die sleepwa dan weer afgelaai word en die stompe opgelaai word.


In die agtergrond kan die hope met boombas, takke en stompe gesien word. Hierdie grond is omskep in 'n melkplaas. Soos julle kan sien is die weikampe se gras alreeds mooi aan die groei.



Op hierdie foto word die oorblywende stompe, bas en takke verwerk tot "bark". Dit is fyn gebreekte stukkies hout. Die bark word gebruik in tuine gebruik as grondbedekking, asook in speelparke, by playcenters en skool speelparke as beveiliging onder die klimrame, ens.

No comments: