Thursday 6 November 2008

Ons kuier met die 3 meisiekinders

Verlede week en Donderdag het ek en Pieter vir Odélia, Annika en Joanné na die Leeupark toe gevat. Pieter was vir 3 dae af. Ons het so ongeveer half 10 van hulle huis af gery.

Baie opgewonde, sit al drie agter in hulle stoeltjies.


Ek het nie regtig fotos by die park geneem nie, maar meer met die videokamera afgeneem.

Net voordat ons uit die park terug is kar toe het Pieter gesê hy wil darem eers 'n foto hê van hom en die drietjies.
Ons 3 meisiekinders saam met Oupa.


Saam met Ouma.



Odélia sê sy sal die foto neem waar Annika en Joanné saam met Oupa en Ouma is. Nogal gladnie sleg vir 'n amper 5 jaar oue dogtertjie nie, nê?



Dit was 'n baie lang en uitputtende oggend. Nadat ons elkeen 'n roomys geëet het, is ons kar toe.

Joanné het nog probeer stry teen die vaak.





Odélia het so 'n veraf
uitdrukking in die oë gekry.









En Annika het gelyk asof sy kwaad is vir die hele wêreld.
Toe weet ons, dit is nou nie meer lank nie.







Een, twee, drie en vas aan die slaap.


En kyk net hierdie twee. Darem te pragtig as hulle so sit en slaap. Kyk vir Joanné met die arm agter die kop. Hulle het ook omtrent heelpad terug huistoe geslaap.

No comments: