Thursday 30 April 2009

Verjaarsdae


Francois Pretorius en Zelé Angelides verjaar vandag. Baie geluk, julle. Mag die jaar wat voorlê vol vreugde, vrede en geluk wees. Geniet die dag.

My arm

Sebil het 'n paar foto's van my geneem terwyl ek besig is met die oefeninge wat ek vir my arm moet doen. Die arm is maar baie styf en die oefening redelik ongemaklik. Maar dit gaan goed. Ek gebruik my arm al baie en somtyds vergeet ek dat ek geopereer is, maar gelukkig is die arm nog nie so mobile dat ek skielik snaakse bewegings kan maak nie.






Wednesday 29 April 2009

Baie geluk Leoni

Vandag verjaar Leoni. Baie geluk met jou verjaarsdag. Ons hoop die jaar gaan vol vreugde en vrede vir jou wees. Hoop jy geniet jou dag.



Tuesday 28 April 2009

Foto's van my verjaarsdag.

Ek het uiteindelik 'n kansie gekry om bietjie foto's van my birthday op te sit. Ons het baie lekker gekuier. Hier is al die lekker eetgoedjies.




Die vier kleingoed wat wag dat Sibies haar kersies moet blaas.



Ek en my vriendin, Anine


Soos julle almal kan sien gaan dit baie goed met Ouma Annatjie, sy het lekker met die kiddies gespeel. Haar arm word elke dag beter.





En laaste, hier is ek en my man.




Monday 27 April 2009

Kobus verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jare wat voorlê besaai wees met geluk, voorspoed, vrede en vreugde. Geniet die dag.
Kobus is op die foto saam met Yvette, sy vrou.



Friday 24 April 2009

Uiteindelik 'n Visagie boetie!

Jonathan Rudigert Visagie sy verskyning onverwags gemaak om 3:49am op die 22ste April. Hy weeg 1.972kg. Hy was eers op 'n asemhalings apparaat, maar haal nou volkome self asem. Hulle verwag dat hy enigiets van 4-6weke in ICU sal wees. Verder is die pediater heeltemal tevrede. Dis great nuus!!
Baie, baie geluk Morné en Irma. Larissa, Karma en Lené gaan hom darem baie bederf! Tone pienk verf en alles!
Mag hy vir julle net liefde en vreugde bring elke dag! Ons wag vir die kiekies, hoor!

Kobus en Yvette se huweliksherdenking

Baie geluk met hulle huweliksherdenking. Vele meer gelukkige en vreugdevolle jare word julle toegebid. Geniet die kleinkind.




Thursday 23 April 2009

Nassie en Zelmari verjaar vandag.

Webfetti.com




Nassie Hoffman is vandag 10 jaar oud. Baie geluk, Nassie. Wees altyd so 'n bondel vreugde vir jou ouers en grootouers. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens. Geniet die dag. Ons soek foto's.


Baie geluk ook aan Zelmari Zitske wat vandag verjaar. 'n Pragtige nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet 'n baie lekker dag. Hoop Pappa en Mamma bederf jou baie.

Wednesday 22 April 2009

Sebil verjaar


Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Sebil. 'n Hele kwarteeu oud. Mag dit vir jou 'n wonderlike nuwe lewensjaar wees. Vol vreugde, voorspoed en geluk. Geniet 'n baie spesiale dag. Ons is lief vir jou.

Verjaarsdag en huweliksherdenking

Vandag vier Kobus sy 50ste verjaarsdag. Baie geluk, Kobus. Mag dit 'n jaar vol vreugde, voorspoed, geluk en liefde wees. Geniet 'n baie spesiale dag en drink 'n glasie sjampanje vir ons.




Johan en Marthie vier vandag hul 3de huweliksherdenking. Baie geluk, julle twee. Vele gelukkige en vreugdevolle jare word julle toegewens. Geniet die dag.

Tuesday 21 April 2009

Pieter Jordaan is 59

Baie geluk met jou 59ste verjaarsdag, Pieter. Mag jy nog lank vir jou geliefdes gespaar bly. Wens jou 'n jaar vol vreugde, voorspoed en geluk toe. Geniet die dag.


Sunday 19 April 2009

Veels geluk

Baie geluk met jou verjaarsdag Renando. Hoop dat jy 'n lekker dag gaan het en dat almal jou lekker gaan bederf.





Saturday 18 April 2009

Josua Francois Strydom is gebore

Baie geluk aan Japie en Suné Strydom met die geboorte van klein Josua Francois Strydom. Ook baie geluk aan die grootouers en die oumagrootjies. Mag hy vir julle almal baie vreugde bring. Pas hom mooi op. En Oupa Frans, nou kan jy ook 'n naamgenoot vashou.

Nog 'n kleinding vir Heinrich en Magda


Baie geluk met die nuweling wat oppad is. Laat weet as julle die geslag weet. Mag jy 'n gesonde en voorspoedige swangerskap beleef.

Friday 17 April 2009

Larissa verjaar

Larissa is vandag al 6 jaar oud. Baie geluk met jou verjaarsdag, Ounooi. Mag al jou kinderdrome waar word en geniet die skoolgaan. Geniet 'n baie spesiale dag. Julle moet asseblief vir ons nuwe fotos stuur vir ons blog.



Thursday 16 April 2009

Haasbek!

Odélia het vroeër die week haar eerste tand gewissel. Gisteraand het die tweede een toe ook gewaai. Nou is sy 'n regte haasbek!

Die muis het $ 10 vir elkeen van die tande betaal. Nou is sy darem ryk, jong!

Wednesday 15 April 2009

Verjaarsdae wat verby is

Ons wil net graag vir Jandre se baie geluk met sy verjaarsdag wat die 11de April was. Hoop jy het jou dag baie geniet en hoop almal het jou lekker bederf.





Dan wil ons ook geluk se vir Kotie. Sy het die 14de April verjaar. Hoop jy het 'n wonderlike dag gehad. Hoop daar gaan nog baie jare vir jou wees.




So ry die trein!!

Paasnaweek in Auckland was 'n groot bederf, veral vir Ruben wat baie in sy skik was dat ons op 'n trein gaan ry. Ons het van Panmure stasie tot in Auckland met die trein gery, bietjie tyd in Auckland spandeer, middagete geeet en toe weer terug. Dit was 'n bakdat idee, dankie du Plessis gesin in Auckland!












En dan natuutlik het die Paashaas Sondagoggend kom kuier. Kon hulle darem eers stil en skoon kry vir 'n foto.







Tuesday 14 April 2009

Die "baby" partytjie!

Daar was 'n klomp mevrouens by Joanné se partytjie. Hulle het ook almal hulle babas saamgebring. Kyk net hoe uitgevat is almal!

Die baba koek.

Die tafel.


Die verjaarsdag-mevrou.

Selfs mevrouens hou soms van lekkergoed!

"Aah, 'n baby!".

"Happy birthday to me..."

Kersies uitblaas.


Persente oopmaak.

"Mamma tyk, baby bottel!"


Genoeg nou van mevrou-wees, nou gaan ons in die sand jol!


Monday 13 April 2009

Make up voor verjaarsdagpartytjie



Sebil het Saterdagoggend voor die verjaarsdagpartytjie die drie dogtertjies ge-make up, naels gedoen en aangetrek. Die tema was 'n baba-partytjie. Almal moes soos mammas aantrek en dan moes hulle ook hulle babas onthou het. Hier is 'n paar foto's.


Joanné




Klaar gedress en ready to go.



Annika



Odélia



Die drie girls. Almal uitgevat soos mammas en reg vir die partytjie. Hulle het dit baie geniet. 'n Volgende berig sal die foto's van die partytjie hê.