Wednesday 8 April 2009

My suurdeegplantjie

Ek het probeer en dit reggekry. Die fotos is geneem na 'n paar dae van 1 sout, 2 suiker en 3 meel gemeng met lou water. Eers wou dit niks weet van rys nie. Dit het net begin suur ruik, toe ek gis in die hande gekry het en 'n bietjie bygegooi het. Nou moet ek die plantjie begin uitvars, sodat dit net die 1, 2, 3 plantjie is wat oorbly. Ek is nogal trots op myself en is seker Ouma Hettie en Clara ook. Nou kan Japie begin broodbak. Ek sal julle op hoogte hou.




No comments: