Thursday 9 April 2009

My arm

Ons het vroeër berig oor die operasie wat aan my regterarm gedoen is. Dit was gister 5 weke terug wat ek ge-opereer is. Die arm is nog steeds in die sling (moet vir 6 weke in wees). Dit gaan maar moeilik met skoonmaak, ens. maar ek kom reg. Aangesien dit langnaweek is hierdie naweek, het ek besluit om die arm 'n paar dae vroeër uit te haal, sodat Pieter my die eerste paar dae met die fisio oefeninge kan help. Ek het al so 'n keer of wat probeer om net die draai-oefening te doen. Dit is maar baie ongemaklik - kan nie sê seer nie, maar dit sal maar 'n tydjie vat voordat ek die arm se gebruik tenvolle weer terug sal hê. Af en toe kan ek ook voel dat die spiere effens spasma maak. Vir my is dit die teken dat hulle nou oefening moet kry. Die groot trek lê ook voor Meimaand. Die dokter het gesê dat indien die skouer gevries is na 8 weke van oefening ek voor 4 maande weer moet kom sodat hy die 2de spier wat hy sommer aan die been vasgeheg het, weer kan losmaak en regmaak. Ek glo en vertrou dat dit nie nodig sal wees nie en dat die arm teen daardie tyd reg sal wees. Bid saam met my vir volle genesing van my arm, asseblief.

No comments: