Wednesday 1 April 2009

Ons sê dankie

Ons het Vrydag in Auckland geland nadat ek en Sebil vir vyf en 'n half weke, en Pieter en Johan vir 2 weke in Suid Afrika was. Graag wil ons vir al ons familie en vriende baie dankie sê. Ons het die kuier baie geniet. Dit was vir ons 'n voorreg om met die afsterwe van oupa Japie in Suid Afrika te kon wees en die begrafnis te kon bywoon. Ook was dit vir ons baie lekker om met ouma Hettie en ouma Issie te kuier.
Huise waarvan ons die drumpels deurgetrap het : Burt en Carlien, Daan en Clara, George en Magda, Deon en Gerda; vir julle almal wil ons weereens baie dankie sê. Ander by wie ons hierdie keer nie kon uitkom nie : Ons hoop om met 'n volgende geleentheid op te maak.
Baie dankie aan Magda, Clara, ouma Hettie en Sebil wat my bygestaan het met en na die operasie aan my regterarm. Ek waardeer dit baie. Dit gaan goed met die arm. Geen pyn nie, net die ongemak om heeltyd so vasgemaak te wees. Gelukkig is dit ook nie meer lank nie, dan kan ek met fisio begin. Nog so tussen 10 en 13 dae. Nogmaals baie dankie aan julle almal vir die hulp. En noudat ons by die huis is moet Pieter maar inspring en help. Ook aan hom : Baie dankie.
Om af te sluit : Ons dra julle elke dag op aan ons Vader in die Hemel en glo dat Hy julle sal beskerm. Ons is lief vir julle almal, mis julle en verlang al klaar weer.
Liefde van ons almal hier!!!!!!!!

No comments: