Thursday 7 February 2008

Swem klasse het begin

Die jaar se dinge het nou uiteindelik na 'n BAIE lang skoolvakansie weer begin rigting kry. Dit beteken Odélia en Annika neem weer swemlesse.
Odélia begin nou regtig mooi swem. Ten spyte van die feit dat sy soveel klasse verlede jaar gemis het met haar hospitalisasie, het sy vinnig weer vertroue gekry om selfs onder die water te swem.
Haar nuwe swem instrukteur is 'n man, en sy was eers nie baie gelukkig daarmee nie. Maar sy het vinnig gesien hy maak dit net soveel pret soos voorheen.

Hier moet sy met haar armpies voor haar uitgestrek swem. Net die voete mag skop. Mooi Déla, ons is so trots op jou!
Annika swem nog saam met mamma. Maar sy het, net soos Odélia, vinnig onthou waaroor die swemmery gaan.

Annika moet die klein eendjie 'jaag', en dan terugvat na sy mamma wat in die swembadjie agter ons dryf.
Bietjie waterspel voor ons weer ernstig swem. Ja mamma, jy wil mos nie jou keps dra nie!
Met almal op die mat wat op die water dryf, sing ons die 'jelly wabble' liedjie. Dit geniet die kinders vreeslik, want die mat word soos jelly wat skud, en aan die einde van die liedjie val die 'jelly van die bord' af binne in die water in!
Gou net bietjie vir Tannie Sibs waai! Lekker geswem, dankie mamma!

No comments: