Friday 1 February 2008

Anka en Diela

Woensdagaand het die 3 dogtertjies by oupa Pieter en ouma Annatjie geslaap. Dit was badtyd en Diela en Anka het 'n rukkie in die bad gespeel. Ouma het gaan kyk of hulle nog reg is en op hierdie skildery van Diela afgekom.



Nadat ouma 'n foto daarvan geneem het, het Anka gesê: "Anka ôk, Anka ôk" en haar prentjie gemaak.


Hier sit die twee in die bad by hul prentjies.

'n Staaltjie van Diela:

Nou die middag wou oupa hulle by die parkie gaan speel. Sebil het vir Diela gesê: " Diela oupa hulle gaan parkie toe sonder jou". Baie benoud het sy agter oupa aan geroep: " Oupa moenie met uit my gaan nie".

No comments: