Sunday 3 February 2008

Chiefs vs Hurricanes

Saterdag op Taupo se rugbystadion.

Al die werkers van die Pouakani Trust waar Japie 'n manager op een van die plase is, het Saterdag gaan rugby kyk. Japie het die bus, kaartjies, eet en drinkgoed gereël, maar die uitgawes is alles deur die Pouakani Trust gedek. Hulle het met 'n bus vanaf Mangakino gekom, miskien ook net om weer 'n groen paddock (weikamp) te sien, want dit is nogsteeds baie droog hier. Pieter en Johan het sommer met die kar gegaan, want ons was in Taupo.

Odélia se gesiggie was as ondersteuner van die Chiefs geverf.



Annika lyk nie baie tevrede met die verf op haar gesig nie, miskien wou sy eerder die Hurricanes, wat gewen het, ondersteun het.


'n Paar foto's van spelers van die twee spanne.



Die rugbykyk was natuurlik moontlik, omdat almal omtrent op hierdie stadium net eenkeer per dag melk. Daar is nie meer genoeg weiding vir die melkkoeie nie. Hulle reken dat indien dit nie reën voor die einde van die maand nie, by Japie hulle al die koeie opgedroog gaan word. Hulle skuif ook môre 300 van Japie se plaas se koeie na 'n ander plaas toe.

By Johan op die plaas droog hulle môre ook 200 koeie op. Hulle gaan dan ongeveer 250 koeie nog eenkeer per dag melk.

No comments: