Monday 7 January 2008

Ons sê dankie

Aan al ons familie en vriende in Suid Afrika wil ons baie dankie sê. Ons het baie lekker gekuier. Dit was lekker om al die familie, vriende en kennisse weer te sien. Ja, en veral was dit lekker om net Afrikaans te praat.
Beterskap wense
Ons is bly om te hoor dat dit beter gaan met Francois. Ons bid jou verdere beterskap toe en vertrou dat die dokters met die toetse wat nou nog gedoen gaan word, gaan vasstel wat aangaan.
Hoop ook dat Amanda nou sommer baie beter is.
Daleen en Ruben
Julle moet julle kuier in die Kaap by almal geniet. Ons mis julle baie en soek om elke hoek en draai na Ruben as jy 'n kind hoor. Hekkie glimlag nou meer, want dit is nie meer lank nie dan is hy daar by julle. Lief julle.

No comments: