Thursday 3 January 2013

Ou Kersaand

 
Ou Kersaand het ons by Johan en Sebil deurgebring.  Saam met Johan en Sebil, was Pieter en ek, Japie en Yolandi en die meisiekinders, Johan en Thea en hul meisiekinders, Lohan en Katrien en hul meisiekinders, Charl en Yolanda en hul dogter en seun en ook Charl se broer, Riaan ook daar.  Ons het lekker braaivleis geëet en saam gekuier.
 
Kersvader moes natuurlik ook sy verskyning maak.
Hier kom hy uit een van die paddocks aangestap, met 'n sak geskenke op sy rug.
 
 
 
Die vyf jonger kinders wag met groot afwagting, want Kersvader het gevra of ons soet was, en was ons?????????




Odélia kry haar geskenkie.
 
 

 
Annika kry 'n stewige druk toe sy haar geskenkie gaan haal het.
 


 
Joanné, effens skaam, maar met 'n groot glimlag het sy haar geskenkie gaan haal.
 
 
 
 
Chané, Johan en Thea se jongste, kry haar geskenkie.
 

 
Simoné staan ook mooi vir 'n foto saam met Kersvader, toe sy haar geskenkie kry.
Sy is Johan en Thea se oudste dogter.
 
 

 
Lohan en Katrien se twee dogters, skaam, want ons is mos al bietjie groot vir hierdie speletjie.  Maar hulle het ook elkeen 'n geskenkie gekry.
 
Alné

Leomi
 

Charl en Yolanda se kinders was ook maar skamerig, maar het saamgespeel.
 
Yoanné
 

 
Tian


En daar vat Kersvader weer die pad.  Oppad na sy volgende bestemming.
 
 
 
Dankie Johan en Sebil, ons het lekker gekuier.
 
 

No comments: