Sunday 27 January 2013

Chanel se huisie

 
Kersfees het Pieter en ek besluit om vir Chanel 'n pophuis te koop.  Die huisie het in stukke by ons aangekom.  Ons moes hom aanmekaar sit.
Dit het ons 'n hele Saterdagmiddag gevat om dit te doen.  Seker die ouderdom.
Eintlik het ek my so effens misgis met die grootte van die huis.  Kleiner as wat ek gedink het.
 
Ek is agter die kamera en Oupa doen al die harde werk.

 Die huisie is op die sleepwaentjie gebou, sodat ons hom Kersoggend gaan aflewer.
 
Die vloer en eerste twee mure.




Al die mure aanmekaar.
 
 


 
Hier word die deck se pilare opgesit.



 
Toe is dit die dakkie se beurt.


 
 
Die dakkie moes toe nog afgerond word met 'n materiaal wat jou 'n teël effek gee.
 



Die dakkie klaar.
 


 
 
Fine tuning word gedoen.
 
 
 
 
Venstertjies het perspeks in, maar kan ongelukkig nie oopmaak nie.
 
 
 
 
Die deurtjie, kompleet met handvatseltjie en slot.
 
 

 
Natuurlik moet die huisie 'n skoorsteen ook hê.
 



 
Kersoggend en die huisie word afgelewer.
 
Oupa het aangedring dat daar 'n kaartjie moet bywees, want hoe sal sy nou anders weet dat die huisie vir haar bedoel is.  Hy het uit een van my fotorame 'n foto gaan uithaal.  Dié moes ek op 'n karton plak en haar naam moes daarby. 
 
Toe ons op die grondpad naby hulle huis is, het ons eers die kaartjie aan die skoorsteen vasgemaak.
 



 
 
By hulle huis gekom, kom sy by die deur uit en vra:  Ouma, wat maak jy met hierdie klein huisie.
Gesê Kersvader het hom vir jou gebring.  Ruben was te vinnig en het eerste ondersoek in gestel met Chanel kort op sy hakke.
 
 

 

Nefie Josh was daar en is vinnig nader geroep om ook te kom kyk.
 
Baie in haar noppies met haar nuwe huisie waar sy nou kan speel met water en is Mamma nie bang dat sy op die mat gaan mors nie.
 



 
Gedurende verlede week gee die internet bietjie probleme.  As jy gaan kyk wat die fout is en bietjie op daardie bladsy bly, kom daar wanneer die internet aankom, 'n huisie op.  Sy wou Barbie kyk en die internet lol.  Ek gaan kyk toe en toe die huisie opkom, sê sy:  Hy lyk net soos my huisie.  Ek het dit nog nooit agtergekom nie, maar werklik, die huisie lyk net soos haar huisie.
 


No comments: