Monday 18 May 2009

Van lyn af


Ek gaan 'n dag of wat van lyn af wees met die dat ek trek. Dit is dan die rede hoekom ek al die verjaarsdae vandag opsit. Ek kom ook agter dat my blog nie meer 'n "scheduled" post vat nie, daarom sit ek dit maar op.
Baie geluk aan Cornetjie Nel wat gister 17de Mei verjaar het. Mag dit 'n baie mooi jaar wees en ek hoop dat jy baie bederf is deur Pappa en Mamma. Ons hoop jy het jou verjaarsdag baie geniet.
Boetie (Joachim) Nortje verjaar vandag. Baie geluk, Boetie.
'n Baie mooi jaar vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegewens. Geniet 'n baie spesiale dag.
Tannie Awie Mouton verjaar 19 Mei. Geniet 'n baie spesiale dag, Tannie. Mag die jaar wat voorlê vol geluk, vreugde en goeie gesondheid wees.
20 Mei verjaar Isak en Marlene van der Merwe. Baie geluk julle. 'n Jaar vol van vreugde, geluk en voorspoed word julle toegewens. Geniet die dag.
21 Mei verjaar tannie Jeanette Labuschagne. Baie geluk, Tannie. 'n Baie mooi jaar vol vreugde, geluk en goeie gesondheid word jou toegewens. Geniet die dag.
Riola Agenbacht verjaar ook vandag. Baie geluk. 'n Nuwe lewensjaar vol van al die mooi dinge word jou toegewens. Geniet 'n baie mooi dag.
22 Mei verjaar Elize Jacobs. Baie geluk, Liesie. 'n Baie spesiale jaar en dag word jou toegewens. Strome van seën van Bo word jou toegebid. Geniet die dag.

No comments: