Saturday 23 May 2009

Agricultural ITO Awards Evening

Ons was Donderdagaand by die toekenningsaand van die Agricultural ITO. Ek het mos al vertel dat ek en Pieter ons Level 4 verlede jaar gedoen het. Dit het regtig goed gegaan en ons het albei ons Level 4 deurgekom. Pieter het al sy sertifikaat gekry, maar ek is eers Woensdag afgeteken. My sertifikaat sal seker een van die dae in die pos wees.

Om terug te keer tot die toekenningsaand.

Pieter en ek is albei genomineer vir 'n toekenning diè aand.
Terwyl ek so deur die program blaai, kom ek af op 'n toekenning af van : Immigrant Showing Promise in NZ Farming Industry. Ek leun oor na Japie toe en sê vir hom : Hierdie toekenning gaan jou pa kry. Maar ek weet wraggies nie waarom hulle my genomineer het nie. Ons lag, want regtig, ons het niks verwag nie. Net gegaan vir die fun daarvan.
Soos Pieter altyd sê : Ons werk nog altyd goed as 'n span saam.
Dit is toe ook die toekenning wat ons albei ontvang het. Dit is natuurlik vir ons 'n groot voorreg en was 'n groot verrassing. Het nooit kon dink dat ons in New Zealand so iets sou ontvang nie.
Ons sertifikaat.



Saam met die sertifikaat het ons ook 'n $100.00 gift voucher gekry. Dit is gelyk staande aan so om en by R500.00.

Daar was ook nog Suid-Afrikaners wat toekennings ontvang het.

Vir sy level 2 het Johan Mulder 'n meriete toekenning gekry en vir sy level 4 het Edmond Ferreira ook 'n meriete toekenning gekry.

Twee van Japie se werkers was ook genomineer en albei het toekennings gekry.

Sharlene het die toekenning gekry vir Level 2/3 NCA Dairy Theory Prize en Richard Clark het twee toekennings gekry : Level 2/3 NCA Dairy Practical Prize en dan ook 'n toekenning vir derde plek by die Skills Day. Skills Day is waar jy dit wat jy geleer het toepas in kompetisies. Ons was verlede jaar daar. Dit is baie interessant. Dit is ook op hierdie dag wat die foto geneem is wat van Pieter gepubliseer was oor die hele New Zealand.

1 comment:

Sandmensie said...

Baie Geluk oom en tannie!!! Dis in julle bloed!!