Saturday 2 May 2009

3rd Time Lucky

Almal sê altyd : 3rd time lucky. Wel, vir my was dit. Die vorige twee keer wat ons geknie het (Pieter knie, want ek kan nog nie met die regter arm nie), was dit regtig nie 'n sukses nie. Japie het eenkeer gevra : Wat wil Ma met die deurstoppers maak, verkoop? Die deeg het net nie goed genoeg gerys nie en wanneer dit plat geknie is, wou dit nie weer in die panne rys nie.
Vrydag was dit anders. Die suurdeeg het pragtig gerys en die deeg nadat dit geknie is, ook. Die brood in die panne was binne 3 ure pragtig gerys en kon ek bak.
Nie nodig om te sê dat toe Japie hier gekom het, was hy baie beëindruk. Dit lyk baie goed. Jy kan sommer teen die kant sien dit het goed gerys.
Die deeg.



Die deeg in die panne. Die klein pannetjies is natuurlik vir die kleingoed.







En uiteindelik die eindproduk.
Almal is gelukkig daarmee, maar dit is maar nog nie Ouma Hettie se brood nie. Pieter het al gesê hy wens hy kan Ouma hier kry net om vir ons te kom wys hoe om dit reg te doen. Met ons volgende besoek aan Suid Afrika, sal dit hoog op die prioriteite lys wees.



1 comment:

Mariette. said...

Mmmm dit lyk heerlik julle! Ek ruik dit sommer al. -Geniet dit!