Sunday 24 May 2009

Pak en trek


Ons is darem nou al 5 dae in ons nuwe woonplek. Ons het Woensdag deur die dag getrek van 60 Dillon Road, RD 1, Mangakino na 1308 Mossop Road, RD 1, Tokoroa. Slaap vannag die 5de nag al hier. Gedink dat ek teen hierdie tyd al alles uitgepak sal hê. Toe nie so nie. Die hele huis staan nog vol bokse en môre is dit Johan en Sebil se beurt om te trek en Dinsdag Hekkie en Daleen s'n. Nog 'n baie besige week wat voorlê, want buiten al die trekkery word die koeie afgelaai, trekker afgelewer en al die ander dinge soos farmwalks moet gedoen word. Farmwalk is om die hoeveelheid gras te meet wat op die plaas is. Ons moet voor 1 Junie ons queries op die tafel hê. So die huise sal moet wag as ons eers die ander dinge wil doen. Donderdag is die huise van ons werkers beskikbaar sodat hulle kan intrek. Die huise moet ook deurgegaan word en seker gemaak word dat dit skoon en netjies is voordat hulle dit betrek. Hulle moet dit dan laat soos hulle dit gekry het.



Hier is 'n paar foto's van die inpakkery en trekkery.


Yolandi en ek besig om my kamer se gordyne weer op te hang.





Die drie meisiekinders het te lekker met die leë bokse gespeel.





Pieter, Logan en Wewan (die Indonisiër) by die treklorrie.





Ons sal nog die "after" fotos neem en opsit, maar kyk net hoe lekker deurmekaar is die kombuis en eetkamer nog. Dit lyk darem al beter daar. Nie meer so baie goed wat rondstaan nie. Ons kan al daar leef.





Sebil vat 'n blaaskans en speel bietjie pop saam met Annika en Joanné. Odélia was nog by die skool.




Doodmoeg, het die twee aan die slaap geraak op oupa Pieter se bank. Ons het hulle later ingebring en op die matras in die kamer laat slaap.

No comments: