Saturday 9 May 2009

6 Verjaarsdae en 'n huweliksherdenking

Ek het altyd gedink die 29ste Mei is 'n baie besige dag, maar duidelik loop die 9de Mei nou voor.
'n Baie mooi en gelukkige nuwe lewensjaar word jou toegewens, Magda. Mag dit 'n jaar vol vreugde, vrede, liefde en geluk wees. Geniet 'n baie spesiale dag.





Baie geluk met jou verjaarsdag, Mckayla. Mag al jou kinderdrome waar word.




Dit is ook Bertie se verjaarsdag. Geniet 'n baie besondere dag. Ons bede is dat die nuwe lewensjaar vol vreugde en geluk sal wees.

Baie geluk ook aan Luané Human wat haar 2de verjaarsdag vier. Mag al jou droompies waar word. Hoop jy word baie bederf vandag.

Charlene Erasmus en Riehette Stenekamp vier ook vandag hul verjaarsdae. Baie geluk julle. Mag die jaar wat voorlê vir julle albei net vreugde en voorspoed inhou. Geniet die dag.

Naas en Lizelle vier ook vandag hul huweliksherdenking. Baie geluk. Vele gelukkige en vreugdevolle jare word julle toegebid. Geniet die dag en bederf mekaar baie.

No comments: