Saturday 5 March 2011

Rede ver vroeë verjaarsdagwense

Pieter en ek gaan vir die volgende week nie by die huis wees nie. Ons gaan op 'n plaas toer saam met ons plaaskonsultant.
Ek is maar redelik benoud om te gaan, want dit is in die Suid-Eiland. Ons vlieg môre middag vanaf Rotorua na Christchurch lughawe. Daar sal hulle ons kry en dan gaan ons na Ashburton toe. Die toer begin maandag oggend en eindig Donderdagmiddag.
Dus, ons sal weer Vrydag by die huis wees.
Geniet julle week.
En as jy hierdie week verjaar, kyk gerus ondertoe om jou gelukwensing te sien.

No comments: