Friday 18 March 2011

Baie besig gewees



Die afgelope 2 dae was baie besig gewees. Woensdag moes alles reggemaak word vir 2 dae van die huis af wees vir my en Sebil en ons manne, saam met Japie en Hekkie. Ons is Aria toe om koeie te gaan tag (nommers in die ore te sit) en te scan vir dragtigheid. Ook moes die nommers neergeskryf word en of hulle in kalf is of nie. Maar eers moes ons pak, 'n NVD vergadering hou en ons sou eers Vrydag (vandag) terugkom. Ons het ook nog vanaand 'n verjaarsdagpartytjie wat bygewoon moet word. Dit was pak en pak en nogmaals pak. Niks moes vergeet word nie, want anders is ons in die sop.


Ek en Sebil het toe Woensdag na die NVD vergadering sommer by Daleen-hulle geslaap. Vroeg gister is ons Aria toe saam met Japie en Hekkie. 8 uur het ons toe begin met die scan, tag van die koeie en rekordhouding. Ons het so goed gedoen - ongeveer 100 koeie per uur. Ons sou vandag weer besig gewees het, maar Japie het besluit as ons kan klaar maak, maak ons klaar. Die managers van die plase het goed saamgewerk en ons het deurgedruk. Stok flou en voete wat seer is, het ons dit alles in een dag gedoen. So ongeveer 1041 koeie deurgedraf. Ek het die kamera saamgevat, maar daar was nie eens tyd om foto's te neem nie.


Dit is dan ook om hierdie rede wat ek die verjaarsdae agterweë laat bly het.
Sebil het al vir Burt en Melanie geluk gesê.


Die ander wat verjaar het:

Johan Erasmus, baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy gaan 'n wonderlik jaar ervaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Barnie. Ook vir jou wens ons 'n baie mooi jaar toe. Hoop jy het die dag geniet.





Sandy Steenekamp het ook verjaar. Baie geluk, jong. Mag al jou drome waar word.
En dan ons partytjie girl, Thea Mulder. Baie geluk Thea. Ons was nie in die omtrek van sein om jou geluk te wens nie. En gisteraand het die moegheid my oorval voordat ek eers aan die blog kon dink. Hoop jy het 'n baie lekker dag gehad gister. Sien jou vanaand en dan sal ons maar die gelukwensing doen.

No comments: