Sunday 13 March 2011

Ouma Hettie en Geor verjaar

Vandag is Ouma Hettie se verjaarsdag. Baie geluk, Ouma. Mag die nuwe lewensjaar en elke jaar daarna net die mooiste inhou en gevul wees met geluk, vreugde, voorspoed en goeie gesondheid. Gods rykste seën word Ouma toegebid. Geniet 'n baie spesiale dag saam met die res van die familie. Wens ons was daar om dit saam te kon vier.



Geor Hoffman verjaar ook vandag. Baie geluk, Geor. Vir jou wens ons ook net alles wat mooi is toe. Mag jou kinderdrome almal waar word. Hoop jy word lekker bederf.
Wietie Brits verjaar ook vandag. Baie geluk, Wietie. Alles wat mooi is word ook vir jou toegewens vir die toekoms.

No comments: