Sunday 27 March 2011

Diela


Nadat die MRI Scan gedoen is het hulle nog 'n CT Scan ook gedoen op Diela. Die registra van dr. Nicol het gereken dat sy Saterdag sou geopereer word. Dr. Nicol het egter besluit dat wanneer hy self hierdie keer opereer hy dit reg wil doen en al die personeel daar wil hê om die nodige toetse te neem en dan ook die radioloë om hulle ding te doen. So, hy het besluit om Woensdag te opereer. Op hierdie stadium is sy en Yolandi in die Ronald McDonald huis en moet sy twee maal per dag hospitaal toe gaan vir haar observasies. Onder omstandighede gaan dit goed met haar.

Bid asseblief dat hulle hierdie keer alles sal uithaal en dat daar nie weer iets sal vorm nie. Ook dat die operasie 'n sukses sal wees.

No comments: