Wednesday 23 March 2011

Diela


Ons meisiekind is Maandag deur dr. Nicol gesien en hy het gesê: Tyd om te sien wat gebeur. Het toe ook geen verdere toetse gedoen nie.
Gistermiddag het Diela by die huis gekom en die operasieplek, die gedeelte waar die steek nie geheg het nie, het 'n geel kring rondom en dit lyk asof dit vuilgoed is wat moet uitkom. Dadelik is dr. Nicol gebel en is Yolandi en Odélia weer Auckland toe.
Japie het gisteraand 10uur gebel. Toe was hulle oppad saal toe en alreeds begin met toetse. Hierdie keer het sy nou nie antibiotika gekry nie, want nou kan hulle van die vuilgoed neem om te sien wat hulle kan kweek. Ons glo en vertrou dat dit hierdie keer gaan wys wat die gogga is wat elke keer terugkom.
Ek weet julle het nog nooit opgehou om vir haar te bid nie, maar weereens wil ons julle vra om haar in julle gebede aan ons Hemelse Vader op te dra. Hy, ons groot Geneesheer.
Sal julle op hoogte hou elke keer wanneer ek iets hoor.

No comments: