Friday 4 February 2011

Nuus oor Diela

Die hele huisgesin het gister terug gekom huistoe vir die naweek. Die toetse waarvan die uitslae al gekom het het nog niks opgelewer waarmee die dokters kon werk nie. Yolandi en Odélia moet Maandagoggend weer by die hospitaal wees om die dokters te sien.
Dit gaan 'n besige naweek wees, maar ons hoop dat hulle dit baie gaan geniet.
Van Maandag af moet Annika skool toe gaan en Joanné Kindy toe. Annika sal by Japie bly en Joanné sal by Oupa en Ouma kom bly, want haar Kindy is in Tokoroa en dit is ons dorp.
Dus, onder omstandighede gaan dit goed. Bid asseblief nogsteeds vir haar, dat die dokters iets kan opspoor waarmee hulle kan werk om die ou gogga die wyk te laat neem.

No comments: