Friday 4 February 2011

Gelukwensings

Baie geluk met jou verjaarsdag, Celan. Jy word so 'n pragtige jong meisie. Wens ons kon weer 'n bietjie kuier. Vir jou is ons wense 'n jaar gevul met al die mooi van die lewe. Hoop jy geniet 'n baie spesiale dag en dat Pappa en Mamma jou sommer baie gaan bederf. Lief vir jou.




Baie geluk met jul huweliksherdenking, Heinrich en Magda. Ons wens julle 'n toekoms vol geluk, vreugde, liefde en voorspoed toe. Geniet die dag en bederf mekaar.




Baie geluk met jou verjaarsdag, Clarissa. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Mag al jou drome waar word. Geniet 'n baie lekker dag.

No comments: