Tuesday 1 February 2011

Nuus oor Diela

Ek het so 'n uur of wat gelede met Japie gepraat. Hy sê dat Odélia op Wardpass is. Sy hoef nie meer in die saal te wees nie en hulle gee nou ook self haar medikasie. Sy moet egter Donderdag weer in die saal wees, want hulle wil haar dan weer sien.
Die probleem op hierdie stadium is dat die dokters ook erg kop krap. Hulle het gedink dat hulle die siekte nou 'n naam gegee het, maar het nadat hulle verlede Donderdag weer geopereer het, begin kop krap. Sy puzzle hulle vreeslik. Op die oogaf lyk sy nie siek nie. Sy het ook nie meer koors pieke nie. Behalwe dat haar arm vir jou 'n aanduiding is dat iets verkeerd is, sal jy werklik nie sê dat sy siek is nie. Hulle het ook in die teater verdere toetse gedoen en dié se uitslag sal eers oor twee weke beskikbaar wees. So volgende week en Donderdag sal daar hopenlik lig gewerp word op wat met haar arm aan die gang is.
Bid nog asseblief elke dag vir haar. Ons glo en vertrou dat die Here alreeds besig is om haar gesond te maak.

No comments: