Thursday 10 February 2011

Diela

Odélia en Yolandi is Dinsdagmiddag terug Auckland toe om te hoor wat die dokters sê en die uitslag van al die ander toetse te kry. Hulle het gister vir dr. Nicol gesien. Al die toetse het negatief teruggekom. Hulle het dan ook gistermiddag weer huistoe gekom. Dokter sê dat Diela mag teruggaan skooltoe. Sy mag egter nie swem nie, nie speel nie en nie hardloop nie. Sjoe, hoe kry jy dit reg as sy in die skool is?? Ons hoop dat die onderwysers sal saamwerk en haar dophou.
Sy kry op hierdie stadium geen fisioterapie nie. Dokter wil hê dat sy die arm nou so veel as moontlik normaal moet gebruik. Hulle moet oor twee weke weer Auckland toe sodat hy vir Diela kan sien.
Baie dankie vir al die gebede en belangstelling. Dit word opreg waardeer. Dra haar nogsteeds op in jul gebede, asseblief.

No comments: